JOIN OUR MAILING LIST
Testimonials


Ons troudag was wonderlik, die saal was verskriklik mooi gewees sowel as die musiek. Manzini is regtig 'n baie mooi venue vir enige troue. Ons foto's het baie mooi uitgekom, veral die langs die dam. Dis regtig 'n asemrowende plek om te trou. Van dag een was die diens fantasties en almal was baie behulpsaam. Ek sal Manzini aan enige iemand aanbeveel.

Lariska & Johan Bothma  -  6 November 2010 

 


 

 

 

Manzini het voorwaar gesorg dat ons 'n sprokies troue kon he! Ons kon vir geen beter diens en bystand gevra het nie. Als was net perfek, daar was nie n enkele reeling wat nie volgens ons wil was nie! Manzini het gesorg dat ons troudag meer perfek was as wat enige iemand kon droom. Baie dankie aan al die Manzini personeel!

Colette & Hendrik Esterhuizen - 19 Maart 2011

 


Manzini is 'n baie mooi plek om te trou, van die kapel tot by die saal is als een mooi prentjie. My trou foto's het baie mooi uitgekom met die omgewing waar dit geneem is. Ek sal enige tyd Manzini aanbeveel vir enige paartjie, hul sal nie spyt wees nie!

 

 

 

 Annelize & Andrew Beer - 12 Februarie 2011

 


'n Hartlike dank betuiging tot die professionele wyse waarop al die administrasie en vele navrae handteer is. Al die fyn besonderhede waarop gelet is; die heuningmaan rondawel se blomme en sjampanje vir die bruidspaar. Die seker maak van die krag boks se elektriese toevoer vir die geyser - vir daai eerste warm stort na die lang dag. Elke familie lid en gas wat van Manzini se verblyf gebruik het, het ons verseker van hul goeie nag se rus, alles was in plek, skoon en netjies. Dankie vir al die sleutel reellings en opvolg telefoon oproepe en verblyf administrasie. Duisende dankies vir die musiek en jul geduld met die bruidspaar se finale musiek keuses. Sonder die musiek sou die dag nie dieselfde verloop het nie. Almal het te heerlik gekuier en die voete is behoorlik los gemaak. Ons is nie eintlik 'n groot dans familie nie en die vriende kuier meer as dans, bo alle verwagtinge was die dansvloer vol vrolike dansende gaste. Ja nee daar is baie meer wat agter die skerms plaasvind as waarvan 'n ou bewus is. Die veiligheid van die saal tot die aankope van die ys. Dankie is 'n te klein woordjie om die hele omvang van ons dankbaarheid saam te vat. Ons sal julle beslis aanbeveel vir enige toekomstige voorgenome bruidspaar en of enige voorgenome spanbou groep.

 

 

 

 

 

 Helene & Reinier Meyer - 9 April 2011

 


 Baie aangename ondervinding. Baie mooi omgewing en saal. Daar was baie moeite gedoen met ons en almal was altyd baie hulpvaardig.

 

 

 

 

Catrien & Gideon Wentink - 26 Maart 2011

 


 

 
Ons troudag by Manzini Wildsplaas, was 'n onvergeetlike gebeurtenis. Die venue was perfek en presies wat ons in gedagte gehad het. Die saal en kapel was pragtig getooi in oranje en groen. Met die veld en natuur as agtergrond, het ons die mooiste foto's gekry wat ons vir almal en ons nageslag later kan wys. Ons beveel beslis Manzini aan om jou spesiale dag nog meer spesiaal te maak.
 
Elizna & Jan Jacobs
17 Desember 2011

 





Back Back to top
JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Name & Surname
     
  Email
     
  Mobile no
  Date of Birth