'n Hartlike dank betuiging tot die professionele wyse waarop al die administrasie en vele navrae handteer is. Al die fyn besonderhede waarop gelet is; die heuningmaan rondawel se blomme en sjampanje vir die bruidspaar. Die seker maak van die krag boks se elektriese toevoer vir die geyser - vir daai eerste warm stort na die lang dag. Elke familie lid en gas wat van Manzini se verblyf gebruik het, het ons verseker van hul goeie nag se rus, alles was in plek, skoon en netjies. Dankie vir al die sleutel reellings en opvolg telefoon oproepe en verblyf administrasie. Duisende dankies vir die musiek en jul geduld met die bruidspaar se finale musiek keuses. Sonder die musiek sou die dag nie dieselfde verloop het nie. Almal het te heerlik gekuier en die voete is behoorlik los gemaak. Ons is nie eintlik 'n groot dans familie nie en die vriende kuier meer as dans, bo alle verwagtinge was die dansvloer vol vrolike dansende gaste. Ja nee daar is baie meer wat agter die skerms plaasvind as waarvan 'n ou bewus is. Die veiligheid van die saal tot die aankope van die ys. Dankie is 'n te klein woordjie om die hele omvang van ons dankbaarheid saam te vat. Ons sal julle beslis aanbeveel vir enige toekomstige voorgenome bruidspaar en of enige voorgenome spanbou groep.

Helene & Reinier Meyer - 9 April 2011

Baie aangename ondervinding. Baie mooi omgewing en saal. Daar was baie moeite gedoen met ons en almal was altyd baie hulpvaardig.

Catrien & Gideon Wentink - 26 Maart 2011